Wees waaksaam (OPDRAG 4) – SUGGESTIE
Die brandwag staan paraat,
waarsku ieder en elk (oor dit wat saak maak)
om selektief te luister –
‘wees wakker, wees waaksaam’.
Luister na jou binnestem
sodat jy betyds kan rem,
nie deur paradokse propaganda mislei sal word –
‘wees wakker, wees waaksaam’.
©Driekie Grobler
7 Kommentare
-
-
Viooltjie
Netjiese werk, Driekie 😊
-
Callie Vermeulen
Baie mooi Driekie - ek hou daarvan.
-
Loretta Szikra
Goeie werk Driekie!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie