klipdrif altaar (opdrag 5)
bloedbelope oë wat hatig staar
vuil weekoue stoppelbaard
slymstreep wang na mond
drankasem walmspoeg
bacchus brousel in ‘n glas
roggelbrul waansin
oophandhoue val
smekend vir genade
moeg
ongesertifiseerde lus
terapie ten spyt
huis paleis pandok
nog sewentig maal sewe
dikbeneuk dronkgesuip
sjarrap sjarrap
ek maak jou vrek
potbloustilte
moeg
©arin erasmus
4 Kommentare
-
-
Viooltjie
Die slegte situasie het jy baie goed verwoord, Carin
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie