Jongste aktiwiteit:

Woordspatsels: Lysies

My moet-doen-lysies word langer. Afsprake word gejaagd in my dagboek neergeskryf. Verjaarsdae is noodgedwonge op die almanak gestip. Pasiënte se notas in swart ink verwoord en in lêertjes geprop. Kleefnotas suig oral vas soos verwarde vlinders. My siel kom uit ‘n vervloë tyd en wonder wanneer het skryf sy romantiese kleed verruil vir fytlike en […]

Lees meer

Innerlike Groei

Dalk is ons takke van dieselfde reuse boom, wat dikwels veg teen en met ons oer-ou-wortels. Groei ons na ons binne-lig.

Lees meer

Woestyndrome

Ons het voetspore in die woestyn laat versand Die woestyn’t drome in my hart agtergelaat; ek wil sandkastele bou.

Lees meer

Afskeid

Dit wat lank reeds was moet ek laat vaar en toeverf met my afskeids-kwas.

Lees meer

Haikoe wat wuif

Oë wat nie ontmoet, Vergete winters-woorde; Moes ons vanaand groet.

Lees meer

Woordspatsels: Tweeling/Kersboom

So vertrek hulle vanuit die ooste, net die twee van hulle. Deesdae tydens diѐ tyd is families verdeeldelik verspreid soos sterre in die hemelruim. Nietemin gaan hul ook op reis vir ‘n paar dae. Wildernis toe (gepas vir die ongetemde wesens). Hulle word geherberg in luuksheid knus langs die meer. Die oornagtassies word uitgepak voor […]

Lees meer

Sonderlike skepseltjies

I Jou mense-mond Wat skaterlag Jou oë sag Kyk jy vir my ‘n oomblik vry Van wieg en swaai Van gillende lawaai My hart en siel Gesink Hoekom moet jy Ander dae in jouself Verdrink II Kumbaja, my Liewe kind Die wêreld is blind Sonder stem Vingers vasgeklem Voete wat rem Elke klank ‘n Snyende […]

Lees meer

Woordspatsels: Die man met die baard

“Rooi baard, duiwelsaard.” Ek sit ingeprop op die plankbankie en maak kruisies op die staat se groen vorm. As ek nog wettig wil rondry moet ek vandag eers hier luier. My oog gewaar die wit papiere wat skel skree, “Buitewerking!”… Die man met die baard tref die sitplek met ‘n gru-grom. Sy wenkbroue hang onderstobo […]

Lees meer

Klankfees

Eksentrieke semantiek tot klanke gegiet, om vermaak te bied wat weerklink as gevoels-fonetiek… Mistieke ou lirieke wat jou wink en noot-vir-noot sielsgenot skink

Lees meer

Woordspatsels: Tant Daisy

Tant Daisy ruk en pluk bondels lap van voor en agter. Met ouderdom is swaartekrag jou gewigtigste straf. Jongmense beland maklik in die valstrik van verleiding. Ouer garde val te maklik en dit veroorsaak die leiding. Ou Hans is lankal been-af op haar… Sy heupvervanging het hul wel vir ‘n wyle gekniehalter, maar vanaand gaan […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed