Jongste aktiwiteit:

Woordspatsels: Lysies

My moet-doen-lysies word langer. Afsprake word gejaagd in
my dagboek neergeskryf. Verjaarsdae is noodgedwonge
op die almanak gestip. Pasiënte se notas in swart ink
verwoord en in lêertjes geprop. Kleefnotas suig oral vas
soos verwarde vlinders.
My siel kom uit ‘n vervloë tyd en wonder wanneer het
skryf sy romantiese kleed verruil vir fytlike en
angstige onthou-dinge.
Vergete is geskrewe gedigte, vergete is liefdesbriewe,
vergete is stofboeke…
Almal maak lysies in hul koppe en fone, in oorvol dagboeke
en soms in hul harte… dis dié lysies wat niemand sien nie, wat
die belangrikste is…
Lysie aan self: Volg jou hart.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed