Vriendskap Formasie
Formasie
ons leef kom in n kort tyd van baie ver af aan
voel soos dit moet
soos dit hoort en behoort
woorde wat sinne maak
word woorde wat sin maak
en sinne word woorde
enkele woorde wat sinne praat
woorde wat stil en stilte praat
ek het nie altyd woorde om te verduidelik
maar hier by jou het verduidelik nie woorde nodig nie
en al het ons pad gistermaar begin
vlieg ons in formasie
spierwit vere streel in die wind verby
weerstand net genoeg om momentum vir hoog en hoër te kry
porselein gebare in watte gevou
vandag se lewe
more se onthou
©inblueink 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.