Sonderlike skepseltjies
I
Jou mense-mond
Wat skaterlag
Jou oë sag
Kyk jy vir my
‘n oomblik vry
Van wieg en swaai
Van gillende lawaai
My hart en siel
Gesink
Hoekom moet jy
Ander dae in jouself
Verdrink
II
Kumbaja, my
Liewe kind
Die wêreld is blind
Sonder stem
Vingers vasgeklem
Voete wat rem
Elke klank ‘n
Snyende lem
Kumbaja, my
Liewe kind
Die wêrel is
Stokblind
III
Jou ogies lewe,
My vat vergewe
Jou lyfie beweeg –
Tussen ander.
Jou woorde sweef,
In werklikheid verweef.
Ek bevry jou
Maar,
Net vir nou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek