Jongste aktiwiteit:

Skrywers waansin

Potloodskaafsels
op my skryfblok ontbind
in semi skakerings van grys
waar ek die woorde nie vind

Bladsye beletter
met bloed, sweet en trane
skrywe wat nie tap
uit ‘n siel se droë krane

Inkpot smeersels
aloor polse, rou geknaag
die taal so treusel
dat die geskrif my uitlag

© Carla Visser
27.11.2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed