-
Vandag
Vandag het ek jou bietjie opsy gesit
Die storm vervang met sonskyn en Martini
Om my gekyk vir mense wat in my hart kom sit het met soet woorde wat proe soos geluk
In plekke wat leeg was
Is daar krake waar lig inkom
Omgee mense my hartsmense
En ek kan ontspan en van alles vergeet vir die dag en ek dink
Sou ek hier gewees het sonder dit…lees meerWees die eerste om hiervan te hou!geen kommentaar -
Die Winterlaken
Die winterlaken hoort nie meer op die bed
Somer is hier en die waaier waai sy warmste asems uit
Maar tog troos die laken
Dit is ‘n bekende sagte gevoel, asof dit hoort
Maar dit pas nieDie stilte skree
En in die giggel van die nag
Hoor sy ‘n snik
Vermakerig en wreed skyn die maan deur die venster, asof dit haar pyn kenSy wil…lees meer
Wees die eerste om hiervan te hou!geen kommentaar -
Sien jy my
Sien jy my as ek vir jou kyk,
sien jy my as my hart na jou soek
na jou arms om my ….
Sien jy my as my voete na jou toe wil hardloop?Maar ek staan stil en die blou van die lug spoel oor my
Die sterre tel my op en ek voel die koue aandlug om my
En ek wonder…. sien jy my
Ken jy my naam
Weet jy ek glo nog aan gelukkige eindes
Aan…lees meerWees die eerste om hiervan te hou!geen kommentaar -
Kom vat my hand
Kom vat my hand my kind
Laat ek jou vashou en bly nog so rukkie klein
In jou glimlag sien ek wit en blou skepe seil
En in jou oë skitter reëndruppels , vol beloftesEk wil die wêreld vir jou wys
Sonder die monsters en donderweer
Omdat ek weet dat jy bang is vir ditEk wil vir jou stories vertel
van mense wat nog goed is…lees meerWees die eerste om hiervan te hou!geen kommentaar -
Uitgesluit
En jy was my huis
Maar nou pas my sleutel nie meer in die voordeur nie want die slot is vervang (dit was nie jou besluit)
Ek sit op die stoep en hoop iemand antwoord my klop
Die stoepteëls is koud
En die donderweer grom en die bliksemstrale slaan
Die reën is op pad
Kan iemand vir my oopmaak voor die storm my verwoesBinne skyn ‘n l…lees meer
Wees die eerste om hiervan te hou!geen kommentaar - Laai meer plasings
