kon ek rus vind onder ‘n blaredak om een te kan word met die koel-klam grond gebêre geborge my boom se wortels sou die diepste dring voëls in sy takke die vrolikste sing o die voorreg om lewe te gee soos die genade om uit God deur God tot God te leef © Doret Johnstone-Robertson […]
warm is my huis se glimlag wanneer jy vol berou indraf getrou sal ek jou storie volg aanbiddend my klein rol vertolk en wanneer jy weer weg is, móét ek wonder of jy hiermee groet my vrese sal ek vir jou verloën kwellinkies toor jy weg met ‘n soen ‘n rooi roos, ‘n takkie jasmyn […]
Dis ‘n móét soos die Eiffeltoring en Parys soos Ouma se beskuit en anys so is Sondagmiddag by my huis © Doret Johnstone-Robertson, Sondag 10 April 2016
daar’s ‘n gat in my, het ek gedink verlies se smart wou my laat verdrink toe sien ek in: jou vreugde en lag het my hart kom vul; my oë blink © Doret Johnstone-Robertson, 26 Februarie 2016

met jou tyd wat uitloop met my hart so stukkend hoe kan ek aanhou praat af en toe probeer lag “speel” dat ek nog wil leef dank die Here ons God jou plegtige belofte om – weliswaar onsigbaar – altyd naby my te bly laat my weer na asem gryp © Doret Johnstone-Robertson, Februarie 2016