Jongste aktiwiteit:

Lewegewend

kon ek rus vind onder ‘n blaredak
om een te kan word met die koel-klam grond
gebêre
geborge
my boom se wortels sou die diepste dring
voëls in sy takke die vrolikste sing
o die voorreg om lewe te gee
soos die genade
om uit God
deur God
tot God
te leef

© Doret Johnstone-Robertson
(Donderdag, 22 September 2016)




Gedigte kom dans graag deur my gedagates en dan kan my vingers nie anders as om 'n paar passies met 'n pen oor papier te maak nie. Daar is 3 selfgepubliseerde boeke op my kerfstok (1 kortverhale bundel vir vroue en kinders; 2 digbundels) en my volgende digbundel is op pad. Kontak my gerus as jy enige navrae het by doretj@gmail.com. Ek waardeer almal se lees van en kommentaar oor my werk en versoek julle om my werk as my eie te respekteer en my kopiereg te eer.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed