Beroof
Beroof
Ons is beroof,
waar is al die vreugde en vertroue heen?
Jou woord is jou eer, maar nie meer nie—
Die vrolike silwerlaggie is gedemp, as
die oë oplettend wantrouig omkyk na
voetstappe wat volg en hou die handsak
styf vas indien dalk ‘n grypdief of sakkeroller
want niemand snel meer te hulp en niemand
hou stil en help met ‘n papwiel langs die pad
of as die motor stol en jy hulpeloos staan
want dalk is dit ‘n ‘trap’ en jy is alles kwyt!
Ons vreugde is gesteel,
ons vertroue is gesteel,
is jy vriend of vyand wat my volg?
Leef dan die spreekwoord uit van
wees betroubaar, maar
vertrou niemand—
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amaspoke
Dit is so jammer dat ons vandag gedurig oor ons skouer moet loer. Die een wat dit nie doen nie is 'n swaap, maar die prys wat ons betaal is agterdog, vrees en twyfel! Baie waar woorde wat jy skrywe.