Jongste aktiwiteit:

Heksriel

Geëklipseerd
hang verflenterde
letters aan die notebalk;
bleek gebloei,
tot teerheid gesnoei

opmerkings nonchalant
(met voorgedoende finesse)
word soos cliché’s
rondgestrooi
óm ander omver te gooi

soos ‘n Petrus
trap jy seermaak-spore
met ‘n ontblote kromswaard –
sonder links of regs te kyk
kap jy aan ore van die siel,
dans slu ‘n hekse riel

dan by die driemaal kraai
word ook jou storm gedraai en
kom die besef dat die son
wel ook op ander mag skyn;
en jy kan steeds bestaan
sonder vernyn.

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed