Jongste aktiwiteit:

Chroniese Wanderlust

Chroniese Wanderlust

Jy het al baie stede
se hoofstrate bewandel
mooie meisies dikwels aan jou sy,
totdat jy uiteindelik die cul de sac
na my hart ontdek het en dit stof
en sinkplaat gery het totdat jou
chroniese wanderlust
uiteindelik weer die oorhand gekry het
en na so ‘n bietjie besluitlose wik en weeg
is jy maar weer oudergewoonte vort,
elke stop ‘n Don Juan halfwegstasie
van ligte verhoudings en flankeer,
immer swerwend en soekend na
daardie ontwykende liefde en rus,
want jy het die noodlot se oogklappe
en verblindende skille voor die oë wat
jou verblind vir die liefde, en nou het jy
dit maar weer nie herken en is vort
toe dit joune kon gewees het —

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed