Alles of niks
warm is my huis se glimlag
wanneer jy vol berou indraf
getrou sal ek jou storie volg
aanbiddend my klein rol vertolk
en wanneer jy weer weg is, móét
ek wonder of jy hiermee groet
my vrese sal ek vir jou verloën
kwellinkies toor jy weg met ‘n soen
‘n rooi roos, ‘n takkie jasmyn
oorrompel my en smelt my pyn
maar die son raak moeg van skyn
ons liggie is aan die kwyn
© Doret Johnstone-Robertson (Saterdag, 30 Julie 2016)
2 Kommentare
-
Kiekies
Oi man, dis pragtig gedoen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Diepseer woorde baie mooi hier vasgepen