Jongste aktiwiteit:

Nes die Kameeldoring

As soetdoringgom sawends die nag-apies voed
en die dagbreekson rooi op die bergalwyn gloed;
as tarentale hoog in pop’lierbosse skuil
om voordag versugtig hierdie slaapplek te ruil
vir die honger wat uitdryf vir soeke en skrop
na sade en goggas vir die krampende krop,
toring jy, takke wydstrekkend en grof gebas
as stille getuie oor gebeure wat was.

Ek leun teen jou stam aan wat met knoetse verhaal
van die seerkry as olifant lower kom maal.
(Ag, al sou jy van oudword dalkies tog kon vergeet,
wys talle ou letsels waar’s jou bas deurgevreet!)

Kameeldoringboom -jy wat steeds rotsvas bly staan
selfs as dit donder en hael en wit blitse slaan-
ek bid vir geloof dat, wanneer my kragte taan
en my gerafelde tent tot stof moet vergaan,
ek net so sterk en onwrikbaarrotsvas soos jy
steeds getrou aan my Volk en my God mag bly.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed