
Afrikaans – beminde taal
Van kindsbeen af
vul jy my hart.
Dit vloei uit my mond
en kielie Afrikaanse oor,
wat skaterlag uit hul maag,
vir snaakse grap –
net in Afrikaans.
Jou troos woorde
is soete heuning
wat vrede bring.
Diep in my hart,
het jy spore getrap.
Met jou in my mond
fluister ek liefdes woorde,
in kosbare oor,
wat luister met ’n vonkel in die oog.
Met jou gevestig,
vasgemaak in my hart,
is daar goud in my mond.
Die Here sal ek daarmee loof,
met ‘n luide stem, wat
verstaanbare woorde ken.
7 Kommentare
-
-
Koekekranka
Welkom hier op Ink en dankie vir die deel!
-
Annamarie du Toit
Baie mooi, Ina! En welkom!
-
Viooltjie
Dis ons taal, ja. Baie welkom by INK :-)
-
Ronel Janse van Vuuren
Goed gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde vir Afrikaans projek