DAAR IS ‘N WILDE WIND WIND WAT WAAI daar’s ‘n wilde wind wat waai my siel onrustig, deurmekaar in rigtings ver verwyder na wanhoop van die lewe se ashoop daar’s ‘n wilde wind wat waai deur hartstog en verdriet van verlies lankal verlore in donker grotte versteek en afgesonder daar’s ‘n wilde wind wat waai […]
Wilde winde Hannah hou haar dogter deur die kamervenster dop. Anita was skaars by die huis toe hol sy al stalle toe en spring op Bles se rug. Nou waai haar blonde hare in die wind terwyl sy oopmond lag van pure lekkerkry. Anita is reeds 23, maar dit voel vir Hannah soos gister toe […]
KARDOESIE se transformasie “Kardoesie! Kardoesie, my lief!” Madelein gooi die vadoek ergelik langs die wasbak neer en staan vir ‘n oomblik kop onderste bo voor sy hardop sug, haar kop optel, omdraai en vir die soveelste keer daardie dag gang af stap kamer toe. “Wat is dit nou weer Gert-Jan?” “Ag my ou vroutjie, ek […]
Karel en die Spinnekop Mense gaan kerk toe vir verskillende redes, sommige waarvan nie altyd veel met geloof te doen het nie. Sommiges verlang na die sosiale interaksie, ander na die gewydheid en vrede van ‘n kerkgebou en ander is daar in die hoop dat hulle vetroosting en/of ‘n boodskap sal kry. Vir kinders is […]
Rooipet rampokker Tjokker, blokker, rooipet rampokker wuif sy vuis en dans ‘n dans soos ‘n touspring wals Tjokker, blokker, rooipet rampokker sing ‘n lied so vals soos ‘n sekteleier se leuen Tjokker, blokker, rooipet rampokker jou narrekleed en tranelag ruik na gister se sweet © Lynne Lexow 2019 • Neologisme : Tranelag – lag en […]

Die drie skapies Eendag, lank, lank gelede was daar drie boetie-skapies wat saam met hulle mamma en pappa in ‘n mooi huisie gewoon het. Die skapies was oulike, skattige seuntjies en hulle mamma was baie lief vir hulle en het hulle vreeslik bederf. Die skapies het egter groot geword, skapie-skool klaar gemaak en dis toe […]

Dik Sus praat (vir Wilma) my vriende kom nooit kuier want dis arm in my geweste waar die brood altoos muf en die stof op die ruite die son wegkeer my beste geselskap is die fokjoupille wat my moeë gees verlam dan eers begin ek droom en dig en my verhale straat-af skree vir die […]


Uurglasliefde In my vlees steek jou duwweltjie-dorings vas, druppels seerkrybloed verskuil, en agter my glimlag verskans, want gister het jy alles, ook my hart, gebreek. Ons het die uurglas omgedraai, telkemale weer oor begin, maar jou oë het bly dwaal, in liggaam en siel het jy my verraai. Die uurglassand het nou vir ons uitgeloop, […]


