Die stories van ou fotorame ‘n Lewe geleef. So baie het ek beleef. Soveel gesigte se herinneringe het bly kleef. My lens vang vas hoe almal probeer om hul weg te vind. Ander se drome is deur die wind verwaai. Goed of kwaad, kry ons langs die pad iewers raad. Myself lankal iewers in die […]
Jy verdien ‘n goue raam Saam het ons gebou aan ‘n groot droom saam. Ek het geskryf, jy het gelees. Op die wolke was ons gewees. Skielik is jy weg. Die slot het in my kop bly hang. Nog net ‘n paar tree wat ek en jy moes gee. Nou is jy skielik sonder totsiens […]
Elke hart word ‘n dorp van onthou. Stof- en teerstrate. Soms net ‘n spoor. Iewers is almal maar net ‘n mens met ‘n wens. Herinneringe is die foto’s teen die gange van onthou, hier diep in jou hart. Groot foto’s met goue rame, ander klein, maar die gedagte bly groot. Soos in ‘n dorp kom […]
Lady Ann Ouderdom kon haar nie pootjie nie. Vir haar was dit net ‘n nommer. Niks in hierdie lewe kon vir Lady Ann kommer bring nie, behalwe sou jy haar tannie noem. Van styl het sy gehou. Party sou hul koppe draai, en die tannies met krimpelienrokke sou agter hul hande praat. Met ‘n glas […]
Martie Monroe Eintlik was sy Martina Hester Koekemoer. Hulle het gebly daar by die dam, bekend as die Damduikers. As kind was sy alles behalwe ‘n swaan, meer geneig na ‘n gans. Met vuiste kon sy veg en verder as al die seuns klippies spoeg. Volgens die dorp was daar vir die witkop met sproete […]
Dawie van die stalle Van kleins af was hy maar ‘n besige kind. Grootgeword saam met die wind. Skool het hy heeltemal gemis. Perde was vir hom baie beter as juffrou se verkeerde merke in sy boek. Sy ouers het hom maar laat begaan. Onnies het gesê die kind sal vergaan. Saans is hy netjies […]
Uitgeleefde strate Saans raak die ligte minder, stemme stil. Die strate leeg, ek mis die alewige beweeg. Stasie staan vol bagasie. Herinneringe neem hul saam; die res maak nie meer saak nie. Skielik is dit nog net ek en my lens. Tyd vir nog een laaste foto van hierdie dorp en sy mens. Die laaste […]
Sy koms was amper soos die trein. Almal het al oom Bennie se tyd geken. Hy het geboer vir Petrus Steyn, daar duskant die vlei. Roesrooi, om presies te wees. Houtraamwerk vir bagasie. Vandag ry hy varke, môre strooi, ander dag pampoene. Maak nie saak die vrag wat hy sou laai nie, sy lorrie was […]
Karolina se swart pot Sy was bekend as die vrou van die bos. Party het na haar verwys as gemors. Ou gelapte rok, ‘n kappie wat dalk uit die oorlogstyd uit kom. Sy het geleef in ‘n swart kleisteenhuis teen die rivier. Kinders het geglo sy is ‘n heks. Lang toutjies hare en ‘n skerp […]
Leopold se Appels Groot grashoed met sy rooi-grys blokkieshemp, denim en oorpak. ‘n Welopgevoede man, mooi gebou. Sy spiere laat die nooiens se bene vou. Bruin gebak deur die son, staan Leopold elke dag krom in die boord. Met appels betaal hy sy brood, voorsien hy vir sy gesin. Pa van vier, leef hy elke […]