Ek onthou Jou foto vlam fel verlange in my hart se doolhofgange ingekerkerde emosie ontsnap uit seer se erosie soos sonsopkoms ontvou onthou geleende tye saam met jou ʼn traan val op die foto raam en saggies prewel ek jou naam. ©Stephan Uys 2019/06/14
Windgatte, deur Stephan Uys (waarskuwing: nie vir sensitiewe ruikers nie!) Ek kom uit twee families vol windgatte. Aan beide pa en ma se kant is daar massiewe stambome propvol windgatte. Maar moet my nou nie verkeerd verstaan nie, ek praat nou nie van daardie windgatte met pampoen-dra-armpies en klein-mannetjie-sindroom nie. My familie het regte egte […]
Die Paaslam Isak vra Abraham: “Waar is die lam wat ons gaan offer?” “God sal self ʼn lam voorsien” het Abraham in geloof geopper. Op ʼn berg in Moria maak Abraham gereed om Isak te slag, maar die engel roep uit en sê: “Abraham wag!” Abraham kyk op en sien ʼn skaapram in die bos […]
Pa en die maanhaar, deur Stephan Uys Kyk, as jy boer is vakansies mos skaarser as hoendertande. Ek het reeds vyf hoendertande gevind voor pa ons een jaar Kruger Wildtuin toe vat vir ʼn vinnige wegbreek. Omdat niemand kon weet hoeveel hoendertande daar lê voor die volgende vakansie nie, koop Ma ʼn mik-en-druk kameratjie om […]
Liefde bewys Waar kruis uit grou-grys graniet verrys waar gebroke man aan houtkruis hang waar growwe grond Gods bloed opvang het God sy liefde aan die mens bewys. Asyn vir Sy pyn word van die hand gewys met “Dit is volbring” eindig Hy sy foltering Romein getuig Sy Godheid in stomme verwondering as God Sy […]
Ode aan my vrou Jou vroegoggendsoen is oggendstondgoud op my mond my siel word toegeskulp in die weelde van jou pêrelglimlag jou stem se fluistering fluweel die kamers van my hart ek proe ons ewig-saam in die heuning van jou tong. Ons elke dag se paadjieskei krater my bestaan lawarooi die magmaverlange wat diep in […]
Driehoek 2019/02/01 ʼn Knak, ʼn kraak … dan die donderweer ʼn gil, so skril … dan dodelik stil so gou, so grou … dan die ewige seer ©Stephan Uys 2019/02/02
Vlerke van geloof Soms is dit donker nag sonder lig, sonder krag geen uitkoms te gewaar hoe hard jy ook al staar. Soms is dit donker nag maar dan moet jy bly wag ʼn antwoord sal jy vind want jy is God se kind. Soms is dit donker nag maar wag … dit word weer […]
Gee my net kans Moenie my sê God is goed as ek huil-loop agter ʼn begrafnisstoet. Moenie my sê God is goed as ek my geliefdes die laaste maal groet. Los jou verstand en leen my jou hart geen woorde bring troos in tye van smart. Verstáán jy my pyn raak soms … net te […]