Ek onthou
Ek onthou
Jou foto vlam fel verlange
in my hart se doolhofgange
ingekerkerde emosie
ontsnap uit seer se erosie
soos sonsopkoms ontvou onthou
geleende tye saam met jou
ʼn traan val op die foto raam
en saggies prewel ek jou naam.
©Stephan Uys 2019/06/14
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Ai jinnekie, kramp my hart sommer saam met joune.