Jongste aktiwiteit:

‘N STUKKIE HEMEL-PERSENT

‘N STUKKIE HEMEL-PERSENT

Ek pluk spesiaal vir jou groot emmers propvol flikkerflonker sterre.
Strik dit vas met ‘n mengelmoeskleur-lint van Herogenade en liefnes.
Ek stuur dit op die vlerke van ‘n forse, trotse arend om voor jou uit te dans!
Om jou paaie gelyk te maak; geluk en voorspoed spesiaal vir jou as bakens soos n Edentuin langs die pad te plant.
Mag jou hart vlieg dwarsdeur die hoogste lof en glorie van God.
En mag jou gees Slowdance bo-op die voete van God se MessiasSeun!!!
Mag die lewe vir jou en joune beeldskoon wees. Asemrowend mooi soos die hart van God.
Propvol teer nuanses soos die Goddelike Bloudruk van Sy pryslose Wese.

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag ‘n Fairyflycatcher vandag ‘n stukkie Hemel binne-in jou hart laat val.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak