Room en geurige kos
Dis vriesend koud
langs my is ‘n bak popcorn, en bubblegum milkshake
en dinge wat pla soos liefde,vrese en verlange
maak skielik nie meer saak
Die toneel in die dokumentêre film ‘Frozen Time’
die wil en uithouvermoë om te volhard
voel ek weer vol vuur en vlam om vas te byt, en deur te druk
in hierdie winter se koue ruk en geniepsige pluk
Op die stoof kook ‘n pot met knoffel,
room en geurige vleis
en op die tafel staan
‘n bottel Franse droë rooiwyn
Die resep is die winter op my emmerlys
dis ‘n seisoen van vervulling, van baie lag en kuier
en om met dankbaarbeid te wys
dat mens se lewenspad word nie nouer maar wyer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek