Liefde bewys
Liefde bewys
Waar kruis uit grou-grys graniet verrys
waar gebroke man aan houtkruis hang
waar growwe grond Gods bloed opvang
het God sy liefde aan die mens bewys.
Asyn vir Sy pyn word van die hand gewys
met “Dit is volbring” eindig Hy sy foltering
Romein getuig Sy Godheid in stomme verwondering
as God Sy volmaakte liefde aan sondaars bewys.
Triomfeerend oor sonde, triomfeerend oor die dood
staan Hy, soos belowe, na drie dae op uit die graf
Hy het vir ons siektes gebloei; Hy is vir ons sondes gestraf
vir almal wat Glo is Hy Gods lewegewende Brood.
So juig alle volke en besing Sy roemryke naam
want Jesus Christus leef, ja ons Jesus regeer
Hy is vir ewig ons Koning, Hy is vir ewig ons Heer
so kom alle volke, kom en loof nou Sy naam!
© Stephan Uys 2019/04/13
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.