Te lank
Te lank
Te lank het ek gestry
te lank het ek baklei
te lank het ek gewag
maar nooit word nag weer dag.
Waarom sal ek dan bly talm
waarom nie gryp na die halm
al voel ek ook kaal gestroop
by my pa is daar dalk hoop.
…
Ek het na my pa gegaan
ek het voor hom gaan staan
my hart was so vol berou
ek was aan hom ontrou.
Maar hy gryp my stewig vas
druk my teen sy borskas vas
hoe sal ek dit ooit verstaan
oor sy wange rol ʼn traan.
ʼn Seëlring gee hy aan my
my oortredings spreek hy vry
hy herstel my as sy kind
by hom het ek rus gevind.
©Stephan Uys 2019/02/12
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.