Laaste strale
Laaste strale
Skakerings van pienk en ‘n tikkie pers. Sag gaan slaap die son se strale.
Hier op Veldmanshoek kom soek die mossie sy laaste kos vir die aand.
Tarentale gesels saam en skrop vir ietsie oulaas.
Kwêvoël roep uit die boom, maan die diere dit is tyd om te gaan slaap.
Die hen roep haar kuikens. Hulle speel nog vir ‘n laaste keer.
Die perd staan reg. Dit is tyd vir die stal en ‘n laaste wortel voor sy gaan rus.
Die donkie se rokie trek vir die boer se warm water.
Koppie koffie langs hom op sy stoel, groet boer en dier die son se laaste uur.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.