Jongste aktiwiteit:

My pa is tog ñ draak

My pa is tog ‘n draak…

Met ‘n kort papiertjie in sy mond, steek hy net die punt aan die brand.

Skielik blaas hy baie rook deur sy neus en mond. Hy kry nie eens seer nie.

Kringtjies, klein en groot, kan hy ook maak.

Hy moet dit altyd buite doen, anders raak mamma baie kwaad.

Sou ek vir pappa vra om ook te probeer, wil hy my bas aftrek sonder om my dit te kon leer.

Mamma sê dit maak dood, maar vir my is pappa so sterk soos ‘n draak.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed