deur Colin vir Gedigte, Junie 2024 - Die onbekende projek Share: verwante: Druppeldans Die blaar en my liggaam 23 Junie 2024 425 gesien 1 Kommentaar 0hou van Verlore beheer (silwer) hierdie kronkelpad na môre is vir my oë versluier vir my ore gedoof op ‘n reis van brose geloof môre se seine praat wartaal en knou my af as hoop en desperaatheid mekaar beurtelings onttroon in my gekneusde gemoed my twyfeltrap speel roelet in ‘n Siberiese mynveld met veel pretensie maar geen beheer ek delf diep vir ‘n anker want nog dieper lê my nood aan winterbestande vrede verby die vrees of spookasemhoop van die hede Rapporteer inhoud Issue: * Kopiereg inbreuk vuil taal Ongeldige Inhoud Your Name: * Your Email: * Details: * Handig verslag Vorige volgende
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2024 – Die onbekende projek