Mode in die bos
Mode in die bos
Elke môre vroeg loop die meisie van ‘n ander plaas.
Waarheen haar reis, sal sy alleen bepaal.
Groot rooi hoed, kort groen rok, lappies tekkies en ‘n groot wit sonbril.
Donkerbruin beentjies, amper swart, met ‘n gesiggie wit geplak.
Een of ander stasie blêr oor haar skouer deur die handradio.
Party ander voetgangers lag, ander bly stil en kyk maar weg.
Dan is daar dié van ons wat eerder nie sal waag om haar te terg nie…
Hierdie meisie voel soos ‘n bosmodel.
Ek weet wel nie haar naam nie, maar van die nuwe bosmode probeer sy almal leer.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.