Vonk in die kruitvat
die vonk is in die kruitvat
die kruitvat is volgelaai
daardie laaste druppel
wat die emmer laat oorloop
is soos olie op die vuur
tussen plaaspaaie en brandstroke
word die vuur van alle kante gestook
telkens val daar een pilaar wat krake toon
boer en sakeman word uitgetart
word grensloos vervolg en versmoor
maar die vonk word ontkennend negeer
van linkse Jakobyne tot historiese terroriste
dryf ons volk tot waarsinnige gedagtes
laat die enkeling daaroor struikel en val
laat die media-wurms krul van plesier
dit alles, terwyl die “heilige” grond
aan volksvreemdes verpand word in hebsug
van korrupte politici wat in domsaligheid regeer
die een “leier” op die ander, probeer guns koop
terwyl massa armlinge steeds net pap eet
die skrif is lank reeds aan die muur
hoe lank dan nog O, Heer?
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.