PTSD
PTSD
Dit is die siekte van die kop
Op drie en vyftig bars dit uit sy dop
Ek word hiermee gediagnoseer
Dit maak my gesin seer
Ek gaan na die hospitaal
Die lawaai word vir my te groot
Ek neem aanstoot
Toe het my vrou my kom haal
Ek onthou die beelde
Van die weermag verlede
Ek verdwaal in ‘n vliegloods op Ondangwa
Dit beseerdes lyk gekap met ‘n panga
Die stukke lê orals in die veld rond
Hulle is swaar gewond
Die lyke lê in sakke op die grond
Hulle is nie net gewond
Oor hulle word deur ouers getreur
Hulle het hul kans op die lewe verbeur
Die gevangenis is half geskiet
Hul gekerm en kreun
Is soos ‘n maalsteun
Dit maak my morbied
As jy weet wat se duisternis nog in my kop skuil
Sal jy hardop saam huil
2 Kommentare
-

Viooltjie
Sterkte met die verwerking van hierdie trauma. Dis 'n swaar las om te dra.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Eish wat 'n aakligheid!! So jammer jy moet hierdeur. Seblief tog gebruik alle hulp wat jy kan, om jou en jou gesin se ontwil!