Jongste aktiwiteit:

Die eerste skoot

(Oorspronklik geskryf vir Microcosms, met die porre “komapasiënt”, “melkwegoorlog”, “memoir”.) Hierdie keer het hulle nie vir ons myne gekom nie, maar vir ons ander hulpbronne – skoon water in oorvloed en goedkoop arbeid. Die oorlog tussen die kolonie en Aarde was oor in ses dae. Ek het wakker geword op die dag wat dit geëindig […]

Read More

Die boontjierank

Die tuinier tuur boontoe na waar die prinses heen en weer voor die venster van haar toring stap. Dis nog donker buite en hy weet dat van die lig wat vanuit die kamer skyn lig is wat van die fyn goue drade, wat die dwerg binne die kamer spin, af reflekteer. Die goud wat die […]

Read More

ek dink aan jou

ek sit en brei met die kleure van die heide regs, regs, regs, aweregs een oog op die breinaalde en wol wat moeiteloos ’n band vorm regs, regs, regs, aweregs een oog op die selfoon wat gaan lui, sal lui, moet lui regs, regs, regs, aweregs een gedagte op steke en syfers en spanning om […]

Read More

Danse macabre

Ligte flikker aan in die leë saal. Ou Klassieke musiek begin speel en paartjies stap grasieus die saal binne. Lang rokke swiesj en wieg terwyl ’n wals speel en die dansers soos een oor die gepolitoerde vloer begin beweeg. Marian kyk vir hulle van die kant van die saal af. Haar oë volg die dansers. […]

Read More

Die man in blou

Om middernag beier die klokke en musiek dryf deur die stil gange van die hospitaal. Slapende pasiënte word wakker wanneer ’n figuur in blou stadig by die gange af loop, ’n silwer fluit teen sy lippe gedruk. Om hom gaan die verpleegsters en dokters met hulle werk voort en merk nie die musiek of die […]

Read More

See

Sy is gebore uit die swartgrys rooktorings van die diepste oseaan, het eers onwetend deur die donker-skemerige-blou waters gedryf na die sonlig wat haar ewig nader getrek het. Sy bereik die helder blou-en-wit oppervlakte waar dolfyne singend speel. Sy dryf al met die gety saam, staar na die vreemde oseaan bo haar, die vreemde goue […]

Read More

Geboorteboom

Hulle verbrand jou geboorteboom saam met jou wanneer jy sterf. Julle as sal meng voordat die deur die ewig malende-kolkende-fluisterende-wenende wind versprei word. Ek dink nog altyd winter – daardie donker seisoen – is die perfekte tyd om te sterf. My seun is saam met die eerste bloeisels gebore. Ek hou die pasgebore baba vas […]

Read More

Klip en skoenlapper

EEN Met beiteltjies verf ek die klip met die plooie van jou gesig en hoop dat dit sal lewendig word, hoop dat dit jou na my sal terugbring. Lagplooitjies lê vlak in die marmer. Hoeveel jare sit hulle nie nou al daar nie, wonder ek. Die drie diep plooie wat horisontaal op jou voorkop geëts […]

Read More

Nil omne

John staar deur die dik glas by die masjien in. Sy mede-wetenskaplikes teken die metings van binne die kapsule aan. John mompel en draai aan die knoppe wat die buitekant van die masjien oortrek. “Ons het meer hitte en krag nodig.” ’n Vuilerige seuntjie wat by die smeltoond kniel, voer die vuur. “Gebeur daar iets?” […]

Read More

‘n Geroeste sleutel

Michael staan voor die spieël, sy borskas oop, die metaal hart se ratte en buise besig om stadiger te tik-tak-tok, die bloed stadig deur sy are te pomp. Sy hart, anders as meeste mense s’n, is geroes en die ribbe-agtige metaalomhulsel gebuig en plek-plek ‘n dooie roesbruin in plaas van ‘n gesonde grys-silwer. Hy tel […]

Read More
wag asb.
Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed