Jongste aktiwiteit:

Klip en skoenlapper

EEN
Met beiteltjies verf ek die klip met die plooie van jou gesig en hoop dat dit sal lewendig word, hoop dat dit jou na my sal terugbring. Lagplooitjies lê vlak in die marmer. Hoeveel jare sit hulle nie nou al daar nie, wonder ek. Die drie diep plooie wat horisontaal op jou voorkop geëts is, is baie moeiliker om in the ruwe, digte klip vas te vang sonder om jou kwaad te laat lyk. Ek los jou oë vir laaste. Nadat ek jou mond en neus gevorm het, weifel my vingers bo die gereedskap, my oë stip op die leë kolle wat binnekort lewe sal kry. Wat nie sal huiwer om soos skoenlappers van my af weg te dartel nie.

TWEE
Party mense glo dat die siel, ná iemand se dood voortleef in die vorm van ’n skoenlapper. Iets gebeur tog tydens metamorfose wat net-net té buitewêrelds, té heilig is.
Ek stap deur die tuin, verby die klein wit, fladderende skoenlappers, verby die geles wat so windlangs oor die blomme sweef, en wag om jou raak te sien. Ek weet hoe jy sal lyk – nie net wit of geel nie. Jou gees sal in die kleure van die reënboog op vlerke met groot blou oë geskets wees.
Dis byna donker toe ek, alleen, terug huis toe keer. Jy sit op een van die oranje kappertjieblomme wat by die voordeur groei en maak jou nuutgevonde vlerke stadig-stadig oop-en-toe, oop-en-toe asof die vals blou oë daarop vir my knipoog.

(Foto deur: Natalija Mislevicavanaf Pexels https://www.pexels.com/photo/bloom-blossom-butterfly-flora-587085/)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak