DIE WIEL DRAAI HFSTK 16
HOOFSTUK 16
Na wat soos n ewigheid voel breek die Vrydagaand voor Marietjie se kuiertjie op die plaas uiteindelik aan. Bernard sal haar die Saterdagmiddag kom haal maar vir Hans en Elsabe werk dinge nie so lekker uit nie. Hoe hard hulle ook al probeer om Saterdagaand in te wees word dit al duideliker dat hulle Saterdagaand op die pad gaan wees.
Vrydagaand werk hulle Kroonstad toe en sal hulle Saterdagoggend inkom om weer Saterdagaand te werk maar besluit Kupido om mnr. Toeval se hulp in te roep.
Oudergewoonte groet Hans Vrydagaand seweuur vir Elsabe en sit sy kosblik agter op sy fiets om pad te vat loko toe vir n trein Kroonstad toe. Deur die verligte strate ry hy loko toe en sluit sy fiets in die fietsloods toe. Toe hy die roosterkantoor toe stap sien hy 2927 alleen op nr 2 uitstaan met die die rasende en blasende ander lokos onder die loods se dowwe ligte wat verder verdof word deur die rook. Hulle is dus enkelkop en sien hy dat hulle wel enkelkop is toe hulle aanteken. Klaar aangeteken is dit sluitkaste toe vir die gereedskap en store toe vir die olie en ghries. Met alles op die kruiwa gelaai stap hy 2927 toe. Hy het net klaar opgelaai of Jannie meld ook met n: “Naand Hans, gaan dit goed”, aan.
Hy sien sommer dadelik dat Hans nie baie spraaksamig is nie maar los hy Hans maar uit, hy weet goed waaroor dit gaan maar daar is nou niks meer wat hulle kan doen nie.
Met die loko klaar voorberei beweeg hulle uit om by die rooi dwergsinjaal te stop om uit te bel. Sinjaal gaan op en beweeg hulle uit op die hooflyn om terug te hardloop werf toe om te gaan koppel. Die kontrolerangeerder wag vir hulle en waai hulle terug op n vrag leë graantrokke. Gekoppel sak die vakuumnaalde toe hy die rempyp breek en begin dan klim toe dit deurgesit is op die vrag. Die treinafsender is ook dadelik by om die vrag aan te gee en die walyste vir Jannie te gee. Die vrag is nie swaar nie, 740 vir 148 asse en loop die afsender terug om hulle weg te sien sodra die vakuumdruk reg is op die kondukteurswa se vakuummeter.
Intussen kraak en knars dit soos die meganiese stoker die vuur voer om met die gesis van die spuitstukke oor die vuur versprei te word. Die stoomdruknaald bewe op 210 en die blower raas saam met die gesing van die dinamo. In die dofverligte kajuit is dit n glimmende toneel van meters en die vuur wat deur die klein openinkie bokant die meganiese stoker wit brand.
Tevrede met alles fluit Jannie weg en kom die groen lig van agter af. Groen lig van die kontrolerangeerder nadat die sinjale opgegaan het en is hulle reg om te ry.
Jannie stoot die omsteller vorentoe en trek die regulateur net so half oop. 2927 vat die vrag maklik en stoot hy haar in 45 in en trek hy die regulateur verder oop. Wiegend en swaaiend gaan hulle oor die wissels en gaan hulle die stasie deur waar Hans die Langspruit tablet by die stasievoorman vang. Blaffend storm hulle voort met n lang en twee kort fluite by die huise verby wat erken word deur n lig wat twee keer aan en af gaan.
Die klim Langspruit toe begin en lê die spore blinkend in die koplig met die geblaf wat oor die veld rol. Langspruit word hulle uitgekeer vir n kruising maar toe die trein deur is is hulle oppad Meets toe. Meets hardloop hulle deur en tel hulle n kuistablet op om n trein op Kriekdraai te gaan kruis en is dit toe mnr. Toeval intree.
Op Kriekdraai trek hulle in die hooflyn in nadat hulle gestop het en stap Jannie vorentoe om die wissels te gaan draai en die ander trein in te bring. Toe begin die groot wag want al wat tevoorskyn kom is die trein wat hulle moet kruis. Na n uur se gewag stap Jannie terug na die kaja langs die spoor toe om by n telefoon te kom. Hy kry Valsrivier op die lyn maar die verseker hom dat die trein oppad is. Iets moes gebeur het want die trein moes lankal daar gewees het, hulle moet maar net geduldig wag.
Dit is net toe Jannie by die wissels kom wat hy die liggie langs die spoor gewaar. Paar minute later kom die stoker van teenoorgestelde trein aangestap met die kruistablet in sy hand en n briefie van die teenoorgestelde drywer wat om hulp vra. Die stoker vertel dat hulle teen die bank gaan staan het want die agterste loko wil nie stoom nie en die vrag is te swaar vir een loko teen die bank uit. Jannie met hulle kom help insleep tot op Kriekdraai.
“Hier kom dit nou, hier kom nou n lekker lang vertraging”, is Hans se eerste gedagte.
Dit is n hele proses wat nou volg. Hans moet terugloop en n klompie handremme op die agterste trokke gaan vasdraai terwyl Jannie gou n klompie handremme aan die voorste trokke vasdraai. Daarmee klaar word die loko losgemaak en trek hulle met die loko net tot oor die wissels waar Jannie stop sodat Hans die wissels vir die skoon lyn kan draai. Dit is dat hulle met die terugkom tot in die kruisplek kan hardloop voor hulle stop om weer te kan losmaak. Dan wil hulle uitstaan agter op hulle eie vrag dat die ander trein kan verbykom.
Jannie weet waar die trein staan want die ander trein se drywer het die kilometerpunt op die briefie vir hulp aangedui. Toe hy begin rem klap die skoot van die eerste knalpatroon wat die stoker op die spoor geplaas het en beweeg hulle vorentoe tot hulle die twee knalpatrone voor die trein aftrap. Jannie gaan stadig vorentoe tot teen die trein waar die drywers hulle inwag. Hulle koppel op en hoor hulle dat die agterste loko se “boilertubes” begin lek het en sukkel om te stoom.
Hulle staan so tien minute om onder vol stoom te kom en toe is hulle reg toe die stoomdruknaaalde op 210 staan en die witvere die lug inklim. Jannie fluit weg en die ander manne fluit ook weg. Jannie trek die omsteller agtertoe en die regulateur so effens oop om die buffers styf te trek.
2927 gaan n slag aan die gly en Jannie stoot toe om die gly uit te haal en trek weer oop. Stadig maar seker kom hulle aan die beweeg met die swaar mielievrag. Jannie stoot haar in 45 in en trek oop. Die meganiese stoker knars en raas om by die geblaf aan te sluit en word dit drie rook kolomme wat die lug instoot met die gedawer wat oor die veld rol terwyl hulle spoed optel.
Drie lokos bring die mielievrag tot in Kriekdraai waar hulle stop. Hans gaan maak los voor en hardloop hulle oor die wissels. Hans draai die wissels en hardloop Jannie agter op hulle eie vrag in en draai Hans die wissels weer vir die ander trein. Dit is nou gelykpad en kry die manne die vrag makliker opgetel en met hulle uit die pad uit hardloop Jannie weer om om voorop te gaan koppel. Hans moet weer terugloop om al die handremme te gaan losmaak voor hulle verder kan gaan Valsrivier toe. Dit is afdraande Valsrivier toe en moet Hans kom dryf, iets wat Jannie hom baie toelaat om te doen, sodat Jannie vinnig op n stuk papier die rede vir die vertraging te kan skryf
Toe hulle op Valsrvier onder die waterkolom stop is hulle al vier ure laat en staan daar al twee ander treine vir hulle en wag want die treindiens is nou erg opgehoop.
Dit is n lang lokostop want die vuur lyk naar en toe hulle klaar is met hulle vir nog n trein wag voordat hulle kan verder gaan. Dit word n moeilike rit en vang hulle een kruising na die ander maar kom hulle uiteindelik in Kroonstad aan, nou al ses ure laat.
Dit pas hulle soos n handskoen, hulle oorweeg eers om rus te vat maar besluit om dit te los en om te draai al is hulle al so lank aan diens. Met die terugrit gaan dit beter en hardloop hulle Bethlehem twee uur die middag in. Omdat die diens Sondae ingekort word teken hulle nie vir n trein nie maar kan hulle op die rooster sien dat hulle eers Sondagaand moontlik kan werk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.