
See
Sy is gebore uit die swartgrys rooktorings van die diepste oseaan, het eers onwetend deur die donker-skemerige-blou waters gedryf na die sonlig wat haar ewig nader getrek het. Sy bereik die helder blou-en-wit oppervlakte waar dolfyne singend speel. Sy dryf al met die gety saam, staar na die vreemde oseaan bo haar, die vreemde goue en silwer sfere. Sy seil om die skuimerige donker rotse en strek uit en slaap op die sand.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.