Jongste aktiwiteit:

Danse macabre

Ligte flikker aan in die leë saal. Ou Klassieke musiek begin speel en paartjies stap grasieus die saal binne. Lang rokke swiesj en wieg terwyl ’n wals speel en die dansers soos een oor die gepolitoerde vloer begin beweeg.
Marian kyk vir hulle van die kant van die saal af. Haar oë volg die dansers. Sy vee met ’n swak hand oor die materiaal van haar rok wat te swaar vir haar geword het. Haar oë begin brand soos sy die dansers se bewegings dophou. Met die druk van ’n knoppie verskyn die orkes aan die een kant van die saal – sy’t geweet sy het iets vergeet. Sy sit die kontrole neer en loop stadig na die middel van die kamer terwyl die hologram paartjies om haar dans.
Hierdie was nog altyd haar gunsteling stuk musiek – een van die ou klassieke stukke van die tuisplaneet wat nou so ver weg is. Dit is net reg dat sy haar gunsteling herinnering aan boord van die ruimteskip herleef.
Die smaak van die laaste rantsoen kleef aan haar verhemelte – een of ander soet konkoksie wat sy vir dié dag gehou het indien hulp nie sou opdaag nie. Sy vee oor haar oë en laat strepe gesmeerde grimering agter. Haar finale inskrywing in die ruimteskip se logbook is haar eie, bewerige stem. Woorde waaroor sy vir weke gepeins het, het weggekwyn soos sy in die mikrofoon in gepraat en gehuil het.
“Marian Smith, 16,” het sy gesê. “Ek is die laaste oorlewende van Eden.” Sy wonder of iemand ooit die boodskap sou kry – of die boodskap ooit die aarde eens sou bereik. Dit was klaar te laat toe hulle die draer van die siekte opgespoor het. “Hulle noem my tifeus Mary in die lêers.” Haar stem breek.
’n Nuwe liedjie begin speel. Die paartjies weifel vir ’n oomblik en begin dan weer dans. Marian maak haar oë toe en wieg saam met die musiek.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed