Jongste aktiwiteit:

in perpetuum (goud)

in perpetuum verlange het geen fatsoen nie – soggens is die bed ’n bleek vlakte wat nie heuwels kan wees nie en een koppie koffie in stilte met jou naam daarin as die son sagkens kranse klim en saans … saans is dit selfs wreder as lig lieg vir die oog in skemer se dun […]

Lees meer

Geld praat die hardste (Goud) (1382 woorde)

Geld praat die hardste Die Stampriet-akwifer is vir my baie meer as net ’n blou kol op ’n geologiese kaart. Dis meer as ’n gevallestudie. Dis meer as ’n hulpbron waaroor mense in raadskamers kan praat en met ’n liniaal grense kan trek of waar die Russe kan besluit wat die beste vir Namibië se […]

Lees meer

ver, maar naby (goud)

ver, maar naby liefde oor afstand laat ons toe om mekaar sag aan te raak; byna soos twee verafgeleë sterre wat dieselfde donker ligter maak so het ek jou al duidelik gesien sonder dat jy voor my staan in die laaste lig oor berge, of in ’n volmaan wat ondergaan ek herken jou soms in […]

Lees meer

Wees die verandering (905 woorde)

Wees die verandering Daar is aanhalings wat mens lees, ’n oomblik oor nadink en dan weer vergeet. Dan is daar dié wat ongemerk, soos ‘n klippie in jou skoen, saam met jou deur die lewe begin stap. Soms pla dit jou, soms skaaf dit jou rou en soms herinner dit jou aan iets wat jy […]

Lees meer

Vlam en Vonkie se vurige vryery (Goud)

Vlam en Vonkie se vurige vryery Vlam Verwey was ‘n rooikop van negentien wat bier bedien in die onderdorp-kantien sy het gedroom van ‘n beter lewe ver van hier toe kry sy vir oom Vonkie sekuur in haar visier sy het hom gretig bedien en gehou van wat sy sien en Vonkie het geglo dat […]

Lees meer

‘n Boer in beton

’n Boer in beton Daar is etlike debatte wat gereeld die rondte doen, soos byvoorbeeld die een oor wie eerste was – die hoender of die eier, of die een oor sjokolade en vanilla. Dan is daar die een wat my die meeste fassineer: die een oor wie die beste bestuurders is. Mans of vrouens? […]

Lees meer

Onder Hardap se son (goud)

Onder Hardap se son sonder skans of verskoning lê die aarde wawyd oop tot waar die uitgestrekte vlakte hom vas aan die blou lug knoop dolomiet, kalksteen en stof praat die ou klik-klak taal uit die waai van die Nama-karoo wat die !ari!khās ver gaan haal son skyn oor stories eeue oud tot die ergste […]

Lees meer

Hardapstreek

Hardapstreek Daar is plekke wat jou aandag trek met groen valleie, watervalle en berge wat aan die hemel raak met indrukwekkende blou pieke. Dis nie die geval met die Hardap-streek in Namibië nie. Hierdie is ’n plek wat lojaliteit vereis met sy plato’s, droë rivierlope, stofpaaie en die wind wat al eeue lank oor verlate […]

Lees meer

Die sondes van die vaders

Die sondes van die vaders In die veld kan jy maklik sien waar iemand voor jou geloop het. ’n Paadjie vorm vanself waar voete oor jare op dieselfde plekke trap. Die gras raak eers yler, en verdwyn dan heeltemal. Die grond word hard. Lank nadat die mense weg is, bly die voetpaadjie nog sigbaar. Families […]

Lees meer

Feetjiesirkels van die Namib (goud)

Feetjiesirkels van die Namib wanneer ’n bleek maan laag oor die Hartmansvallei draai hou die wind verleë sy asem op as feë ligvoetig kom dans oor sand wat skyn soos sterstof dan strooi hulle geheime om en om in sirkels terwyl hul tergerig trap en tol omring deur roesrooi rotse tussen oeroue goue sekelduine waar […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed