Help die mal vrou skryf met haar pantoffels en bont truitjies, ‘n sigaret wat helder brand en ‘n glas wyn in haar gekreukelde hand, Help vanaand die mal vrou skryf met Neil Diamond plate wat in die agtergrond blêr en die drome van ‘n verlore liefde in die wereld so ver, Help die mal vrou […]

Soos suigelinge is ons almal verslaaf aan die tiet van die lewe, moedersmelk vir die groei wat hang aan ewige spene                  van liefde                  en verlange                   aan aanvaarding in hospitale se ellendige gange, ons benodige operasies om te herstel en hernu aan die geskeurde maagdevlies van drome en stinkende vlees van elk se […]
Die Dolfyne Huil Die dolfyne huil vanaand oor jou en jou pragskone lyk verspoel in die bloed van passie en ink, Die dolfyne huil vanaand want hulle mis jou the Die eksentrieke ekstase van jou passie en bestaan, ‘n waterval van emosies wat voort bly gaan, verspoel en omhelsend in alle aspekte betowerend, Jou liefde […]
Vat my terug na die begin die absolute begin van ‘n siel -my siel nog nie eens deur liefde oorwin Vat my terug na die oorsprong ongehinderd en sonder rede en twyfel in my veldbrand wat als verwoes en oorvat elke saadjie kante toe laat spat Vat my terug na die dae van die ark […]
Almal luister en vier die klappers wat klap en ek sit hier agter slot en grendel wat ek verduur Die kinders hou partytjie met koek en wyn tog lê ek hier in my eie pyn sonder ‘n nar ‘n mooi kar en eggenoot om die stukkies van my hart op te skraap, stukkies hout en […]

Die Bosluis Bring my terug aarde toe ek vra mooi, moenie huiwer aangesien realiteit my reeds nooi, red my uit die beswyming wat my omhels soos ‘n bosluis wat net aanhou klou vas byt geen berekening gehou net ‘n destruktiewe aanhangsel wat parasiteer aan my siel sonder keer net die aanhoudende verniel wat my insluk […]


Met my muisbruin haartjies, My sproete en tande sonder draadjies, Met my seer-blou naels en klein voetjies Trap ek treurig en soetjies Die lewe deur en betwyfel Met elke tree My lewenspad in al sy weë, Ek bekommer my oor oorloë En honger kindertjies En brandmaer hondjies Sonder mamma ‘s Ek bekommer my oor die […]



