Die Dolfyne Huil
Die Dolfyne Huil
Die dolfyne huil
vanaand
oor jou
en jou pragskone lyk
verspoel in die bloed van passie en ink,
Die dolfyne huil vanaand
want hulle mis jou the
Die eksentrieke ekstase
van jou passie
en bestaan,
‘n waterval van emosies
wat voort bly gaan,
verspoel en omhelsend
in alle aspekte betowerend,
Jou liefde het jou
laat
sink
en jou meermin lyk bevind
tussen die botsende rotse
van die dood,
geen gebed
geen totsiens;
maar die heelal het gaan staan
en ewig besing
die koor van die branders
jou naam –
Ingrid Als Jonker.
-I Kriel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.