![](https://ink.org.za/wp-content/uploads/2017/07/IMG_20170712_215300.jpg)
Suigelinge
Soos suigelinge is ons
almal verslaaf aan die tiet van die lewe,
moedersmelk vir die groei
wat hang aan ewige spene
van liefde
en verlange
aan aanvaarding
in hospitale se ellendige gange,
ons benodige operasies
om te herstel
en hernu
aan die geskeurde maagdevlies van drome
en stinkende vlees
van elk se wandellende gees
in die teater van die hergeboorte
opgeslote
tussen maskers
gevul met suurstof,
met aardse asem
en ‘n helpende hand
om ons aan die lewe te bring,
‘n Narkotiseur
wat net seerder
maak totdat ons
self ons eie
genesing herwin
I Kriel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.