Jy lewe net een keer
Die lewe is net een keer vir ons gegee,
ons moet die beste maak daarvan.
Elke dag wat ons nuwe asem kry,
moet ons dit ten volle gebruik,
en dit die beste maak met alles in ons vermoë,
ons het die krag gekry daarvoor, so ons kan!
Elke dag is vir ons ‘n geskenk,
nuwe uitdagings om te wen.
Want sonder dit is die lewe maar elke dag dieselfde,
en gebeur elke dag dieselfde goed,
so kry baie mense ook hul beter helfte,
dan kom liefde, vir altyd, bittersoet!
Ons leef net een keer,
ons moet die beste maak van elke dag.
Lesse is daar vir ons om uit te leer,
en indien jy nie een kry,
moet jy ‘n rede soek om te lag.
Die lewe is net een keer vir ons gegee,
ons moet die beste maak daarvan.
Minder trane van ons wange af vee,
elke dag ten volle leef met uitdagings en al,
ons het die krag daarvoor gekry, so ons kan!
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.