Net ‘n bietjie genade en reën
Vader seën die boer met onophoudelike water,
water wat vanuit U hemel stort,
gee ons tog net ‘n bietjie reën,
vir ons droë land,
sodat die boer kan dans daarin,
alles ‘n geskenk vanuit U hand,
hoor tog ons smeek gebede,
want aan ‘n bietjie baie reën het ons te kort.
Laat die boere weer lag,
en U wonderwerke kan aanskou.
Stuur asb tog net ‘n bietjie reën vandag,
sodat die boer ook vir hom en sy familie ‘n toekoms kan bou,
want in ons sukkelende droë land,
hier het ons nie meer ‘n rede om te glimlag.
Bewaar asb elke boere in Suid-Afrika, O’ Here,
want U sien wat gebeur hoe ons mense uitgemoor word.
Ons weet Vader is daar, ons bid en sal nie opgee nie,
want Vader, hier in ons eie tuisland is daar nou bietjie genade te kort,
ons word gemoor en gemartel,
ons weet nie meer watter kant toe nie, Vader,
behalwe net hier op ons knieë,
Vader, want U regeer,
ons vra net bietjie genade en baie reën..
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorebehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.