Die Bosluis
Die Bosluis
Bring my terug aarde toe
ek vra mooi,
moenie huiwer aangesien
realiteit my reeds nooi,
red my uit die beswyming
wat my omhels
soos ‘n bosluis wat net aanhou
klou
vas
byt
geen berekening gehou
net ‘n destruktiewe aanhangsel
wat parasiteer
aan my siel
sonder keer
net die aanhoudende verniel
wat my insluk en verteer
ek is
Slegs dit
net ‘n kaal baken
van twyfel
en onsekerheid
gekluis aan die vertering
en ek smelt
met elke asem
in en uit
weg
ek is die bosluis
wat vasbyt.
I Kriel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.