Kindjie Vol Vrees
Almal luister en vier die klappers wat klap
en ek sit hier
agter slot en grendel
wat ek verduur
Die kinders hou partytjie
met koek en wyn
tog lê ek hier in my eie pyn
sonder ‘n nar
‘n mooi kar
en eggenoot
om die stukkies van my hart op te skraap,
stukkies hout en gemors
nikotien in my bors
besef ek
als is veel makliker as wat ek maak
als is uitgelê vir my om op te raap
Kindjie sonder wete en vrees
wees
Jy net
wie jy is
sonder voorgee
en sien die lig in die lewe
En vee
vee weg
die twyfel en bekommernis
vind net rus
in jouself
jou siel
liefde en vermaak
want die wereld gaan wel kraak,
maar jou siel sal
oorwin
en iets nuuts begin.
I Kriel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.