Pienkdun is sy voëltjiebene fyn porselein onder omkrultone en blommetjies, blommetjies die hele wêreld vol pik-pik hy versigtig aan die saad om krag te kry, genoeg krag vir vandag want hy wil sy vlerke sprei en vlieg Elizabeth Kendall ©
Jy was langs my toe ek gist’raand “Walk the line” kyk in die sitkamer, jy is by my as ek aan tafel sit en bid, jy staan teen nege uur buite in die winterson en wag saam my dat die tenk moet oorloop, onder ‘n kaal perskeboom sit lees jy rustig jou koerant op ‘n […]
Wanneer woorde wegraak soos perdeblomme in die wind en ek bewoë voel vol blydskap, nes ‘n kind wat blinkoogvreugdes agter elke graspol uit loop haal en duisend maal ‘n dag ‘n sagte sonstraal pluk (al waai ‘n windjie skraal) dan wéét ek weer opnuut hoe goed en groot is God: hoe lieflik Sy gebod Elizabeth […]

Op Bosveldpaadjies, oopgetrap wil ek weer sorgloos kaalvoet stap – net een maal nog ‘n hoep-hoep hoor, saans die as uit koue kole krap dis wolk en wind wat my bekoor langs sekelbos het ek my hart verloor, kanniedood en wildevy só sal die liefde met ons toor Elizabeth Kendall ©
Bloedrooi blom granaatroos langs ons slaapkamer, deur die oop venster in die kombuis ruik ek verbleikblom se gisters in oorvloed, vandag en môre se geur en kleur, die eerste rose nà ‘n wilde winter beur na lewe en in die grasgroen perskeboom kwetterfluit vrolike vinkies hul vreugdeliedjies douvoordag- sou jy nou lag en sing in […]
Kaal takke gryp na bo soos aanhou glo al waai die wind en hang ‘n donker wolk oor alles hier waar droë blare warreldraai en wag vir ‘n goue sonskyndag Elizabeth Kendall ©
Toe ek en my skaduwee die eerste maal ál was wat oor was wis ek nie hoe geil kán liefde groei as dit son en water kry jy het my leer liefde skryf sonder ‘n uitveër, sonder ‘n klad en toe het Hy jou weggevat my trane wat aanhou drup, drup, drup sê dankie – […]
