Jongste aktiwiteit:

Genade

Wanneer woorde wegraak
soos perdeblomme in die wind
en ek bewoë voel
vol blydskap,
nes ‘n kind
wat blinkoogvreugdes
agter elke graspol uit loop haal
en duisend maal ‘n dag
‘n sagte sonstraal pluk
(al waai ‘n windjie skraal)
dan wéét ek weer opnuut
hoe goed en groot is God:
hoe lieflik Sy gebod

Elizabeth Kendall ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed