Retrospeksie
Toe ek en my skaduwee
die eerste maal ál was wat oor was
wis ek nie hoe geil kán liefde groei
as dit son en water kry
jy het my leer liefde skryf
sonder ‘n uitveër, sonder ‘n klad
en toe het Hy jou weggevat
my trane wat aanhou drup, drup, drup
sê dankie –
ons liefde was ‘n seën van Bo
nes reën, vir hul wat glo
Elizabeth Kendall ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.