Jongste aktiwiteit:

Vlerke

Waar begin ek om te sê
hoe jare weggevlieg het in die wind
ek wou dit vasbind en nog lepellê
daar waar ‘n nuwe dag begin
maar nou is dit te laat
en weg
en klouter ou onthou
van lank gelee’ weer terug:
die vaalgrys populierbos,
hamerkop se nes en ek,
‘n kind van ses,
‘n tiener in ‘n groen skoolbus
sing en lag en vry
(daar’s kougom in haar sak)
vrou en man, man en vrou
‘n hart vol kinders
boeke met antwoorde
(as jy kan lees, kan jy ver kom)
lewe geleef, gehuil, gebid
of sommer net gewees
(Dankie Here vir ‘n positiewe gees)

gister is verby, verby
‘n dag breek nuut en blou
ons beste uur is nou

Elizabeth Kendall ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed