Ek maak hierdie vrugpluis, wat jou liefhê in my kom plant het; so al lepellê groot – dit kriewel agter my sternum en ek asem moeilik diep, want ek is bang; bang dat ek sal verjaag wat ek nie ken nie; bang dat vol longe teen die wande sal pars en seermaak wat broos is; […]
Soms breek die reënboog aan die rant van storms deur die grys prisma en spat `n tooisel kleur waar die horison in draakvorm vir my loer: op hierdie Maandagmôre wat self sy blou verloor het is jý vir mý ook so `n belofte dat die ongenooides nié sal hinder waar jy vir my jou lig […]
Tot die Suiderwinde hul lêplek kry hoort jou woorde hier by my; ek wil myself daarin dompel as jy ver is én die stiltes lank en eindeloos strek – luister jy dalk óók in die asemstoot of jy my liefdesbieg in `n preweling kan hoor, of verkies jy stilte as `n wegkruipplek omdat jy bang […]
Die branders trek tot anderkant laagwater hul soutwaterkloue oor die sand – dit herinner aan jou wat eb en vloed my lewe in en uit en nie vastrap soek sodat `n bietjie mos houvas kan kry nie: die gehardloop sal nie uitkoms bring nie; die monsters wat jaag is verskuil in `n eie skadu wat […]
Dit is koddig en naragtig dat die wat nie régtig weet hoe seer jou weggaan gemaak het nie, vir my wil vertel dat tyd genees – minute wat sleepvoet tot ure jare later in kamma-maak pleisters gebind is, maak kwalik heel wat die dood by my gesteel het; hÃérdie hiaat sal geskikter bly omdat nie […]
Ek wens jou nader as die aarde aan grond en die son aan sy hitte; verstrengel in drome van wens om eendag bewaarheid te word – jy is die grootheid wat klein krake vul en skadu’s trek waar die hitte soms wil skroei. Laat die mensdom weet: ek wens jou aan my nader, nader as […]
Ek ken die tyding as die kring om ons maan sag flikker en jou naam wil roep: die herlewing wat in my bont staan as `n glimlag oor jou lippe breek kan jou lyfspreuk in my slagsin bring tot ek herberg vind en jý verwen voel om in te stem – die teelaarde vir ons […]
Die lengte van lente hierdie jaar is die voorbrand vir somer waar die son op strande en swaargelaaide Kerstafels sal brand – die Noorderbroers is koud én jaloers, of dalk nie, want, `n somer Kersfees ontneem hul van die witte waarvan hul in oorwurm deuntjies sing. ©|RICCO||2024|