Jou lig | ©Ricco |
Soms breek die reënboog
aan die rant van storms
deur die grys prisma
en spat `n tooisel kleur
waar die horison
in draakvorm vir my loer:
op hierdie Maandagmôre
wat self sy blou verloor het
is jý vir mý
ook so `n belofte
dat die ongenooides
nié sal hinder
waar jy vir my jou lig
kom strooi het nie.
© Ricco
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Pragtige werk.