Jongste aktiwiteit:

Verootmoediging: Italiaanse sonnet: Oktober maandtema

Verootmoediging
die jaar se geleefdheid sterf by my verby
in paaiemente wat dwarsdeur die pekel van pyn beur
verweerd deur seisoene se sny en skel en skeur
en my vol kwota tongstorms onbely
wat die volwolksnag se umbra laat gedy
en gedoende dade wat grense kartets in galgeur
persona non grata! staan jy voor ‘n geslote deur
in ‘n hede wat blywend aan grou gisters sterf en ly

in die lanfer van rou stap ek verby al my geraamtes
bewus dat my sawwe tong nou anders moet lê
vir my mensmedenes wat mank aan afrikaans is
want my nuwe gedig sal sy slot nooit ooit wis
en die bard sal nou net luister en niks skerp sê
my hart buig in my binneste, sag maar beslis
(C)MCH
Neoligismes:
Tongstorms – konflik, bekgevegte, uitbarstings.
Mensmedenes – eie verbuiging van medemens, naaste.




2 Kommentare

  • Anze

    Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Oktober 2024 – Afrikaanse woord projek

  • Ricco

    Beste MC Horak Ek is baie nuut op INK en `n jong onervare digter. Ek weet dus nie of my opinie gewig dra nie, maar ek wil jou geluk wens met hierdie pragtige Sonnet. Die sin "my hart buig in my binneste, sag maar beslis" is so ondubbelsinnig en eerlik. Die vers inspireer my om aan te hou tot ek so `n standaard kan bereik. Dit was lekker om jou vers te lees. Met respek Ricco

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed